Blizzard

'n Magtige winterstorm oor die noordoostelike Verenigde State
'n Skielike blizzard kan grootskaalse skade berokken. Hierdie lokomotief is in 1881 in Minnesota in 'n hewige sneeuval vasgevang

Blizzard is 'n hewige sneeustorm wat deur lae temperature, sterk winde en hoog opgewaaide sneeu gekenmerk word. Blizzards word gevorm wanneer 'n hoogdrukgebied met 'n laagdrukgebied ontmoet en die eersgenoemde se lugmassas horisontaal na die laagdrukgebied beweeg. Alhoewel sneeu- of winterstorms dwarsoor die wêreld voorkom, word die term blizzard gewoonlik net vir sneeustorms in Noord-Amerika gebruik. Maar selfs Noord-Amerikaanse nuusmedia verwys na 'n sterk winterstorm dikwels as blizzard, alhoewel hy nie aan die amptelike kriteria van hierdie soort storm voldoen nie.

In Noord-Amerika word veral die noordoostelike Verenigde State en die oostelike maritieme provinsies van Kanada deur blizzards getref.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search